Heilige Stoel

Embleem van die Heilige Stoel
Embleem van die Heilige Stoel

Die Heilige Stoel (Latyn: Sancta Sedes) is die formele benaming vir die staatsregtelike posisie van die Vatikaan, en dui die pous aan tesame met die Staatsekretaris van die Heilige Stoel en die verskillende kongregasies en pouslike rade. Die Heilige Stoel word beskou as die sentrale bestuursorgaan van die Katolieke Kerk. Informeel word daar dan ook gepraat van "die Vatikaan". Soms word in pleks van die benaming Heilige Stoel ook die term Apostoliese Stoel (Latyn: Sedes Apostolica) gebruik ten einde te benadruk dat die pous die opvolger is van die apostel Petrus. Omdat daar egter meer as een Apostoliese Stoel is, is dit meer korrek om te praat van die Heilige Stoel. In die beginjare van die Christendom het die apostels Markus in Alexandrië) en Andreas in Konstantinopel immers hul eie bisdomme gestig met hul eie Apostoliese Stoele.

Die Heilige Stoel het volgens die Verdrag van Laterane in 1929 die eksklusiewe jurisdiksie verkry oor die toe-onlangs gevormde Vatikaanstad, die sogenaamde Status Civitatis Vaticanae of Stato della Città del Vaticano.

Die Heilige Stoel staan onder leiding van die pous, maar dikwels word daar met die aanduiding 'Heilige Stoel' ook die amp of jurisdiksie van de pous bedoel. Die Heilige Stoel bly bestaan indien daar tydelik geen pous is nie (na sy dood of aftrede). Tydens hierdie periode van afwesigheid van die pous word die Katolieke Kerk en Vatikaanstad bestuur deur die Kollege van Kardinale.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search